February 2003, p.28
Wat kan nou meer teleurstellend vir
'n jagter wees as jy op 'n jag-uitstappie gaan en met afwagting
jou bok mis
skiet of kwes en dan ook nog boonop moet betaal vir die
bok wat weggekom het, net om agter te kom dat jou geweerteleskoop
uit was omdat jy dit per ongeluk gestamp het voordat jy
begin jag het. Hoe los 'n mens so 'n probleem op? Met Red-i
produkte natuurlik.
Red-i rigmiddels (bore sights) is 'n unieke Suid-Afrikaanse
ge-patenteerde produk om die jagter te help om meer doeltreffend
die teiken met ongenaakbare akuraatheid te tref.
Die probleem met van die ander rigmiddels op die mark
wat jy in die loop sit is dat jy nooit 100% akuraatheid
kan bewerkstellig nie. Dit is waarom Red-i rigmiddels (bore
sights) ontwerp is in die vorm van 'n patroon wat in jou
loop geplaas word. Sodra jy die grendel toemaak, aktiveer
die laserlig en skyn na jou teiken.
Red-i rigmiddels (bore sights) is
aan verkeie omgewings toetse onderwerp in terme van die
toets spesifikasies by "Armscor" en "Gerotek" ('n
Sanas geakrediteerde toets labotarium) en het al die toetse
met lof geslaag in alle gebiede. Red-i rigmiddels (Bore
Sights) is gesertifiseer volgens die geslaagde kriteria.
Red-i is ook lede van die "South African Electrotechnical
Council" en "Proudly SA". Red-i se produkte
is van buitengewone gehalte en kan gesien word as die room
van alle rigmiddels tans beskikbaar op die mark. Dis nie
verbasend dat hulle 'n groot buitelandse mark het vanaf
Japan tot in Amerika. Groot buitelandse ondernemings soos
Cabellas koop spesifiek Red-i-produkte vir die oorsese
mark juis oor die gehalte en duursaamheid van die rigmiddels
(bore sights). Red-i rigmiddels (bore sights) word tot
4 keer gekalibreer om te verseker dat jy as jagter keer
op keer jou teiken met akku-raatheid tref. Red-i produkte
word gemaak van die hoogste kwaliteit "brass" en
vlekvrye staal en dra 'n twee jaar waarborg.
Red-i-rigmiddels (Bore sights) is beskibaar in die volgende
Kalibers:
Vanaf 223 (5,56mm) en groter,
Alle Haelgeweer calibres soos
die 12 boor en 20 boor,
Handwapens vanaf 9mm en groter,
Enige Kaliber kan gemaak word
as die SAAMI of CIP spesifikasies gegee word.
Die gewildste kalibers in SA is
die 223, 30-06, 308 Win, en die 270 Win. Red-i spits
hulle ook toe op die Internasionale
Militêre mark-te met kalibers soos die 40mm
Red-i het ook nou hulle Uitruilbare
(Interchangeable) Kalibers vrygestel. Dit beteken as jy
byvoorbeeld meer
as een tipe wapen het soos 'n 300 Win, 30-06, 270 Win,
kan jy die Laser aankoop wat die kern opmaak van jou rigmiddel.
Jy kan dan die Silinders ("sleeves" - tipe kaliber
patroon) apart aankoop vir jou onderskeie vuurwapens. Die
Laser pas dan binne jou silinder (kaliber patroon, en is
uitruilbaar met die verskeie kalibers.
Die kostebesparing
is vanselfsprekend want jy hoef nie vir elke wapen nou
'n aparte eenheid te koop nie, dis nou
net nodig vir die Silinder (sleeve). Dis veral baie handig
en koste effektief as jy 'n versamelaar van wapens is want
die Laser kos jou R690-00 (BTW ingesluit), en elke aparte
Silinder (sleeve) kos jou R480-00 (BTW ingesluit) in vergelyking
met die soliede eenheid wat jou R599-00 (BTW ingesluit)
sal kos. Neem net kennis dat die 308 en alle handwapen
Kalibers nie beskikbaar is in die "Interchangeable
reeks nie.
Nadat jy die red- i produk aangeskaf het is daar 'n paar
stappe om te volg. Die regte manier is om eers jou geweer
in te skiet by n skietbaan of soortgelyke plek op die volgende
manier.
1. Skiet jou geweer in met lewendige ammunisie.
2. As jy seker is jou geweer is ingeskiet, plaas die Red-i
rigmid-del (boresight) in jou loop en maak die grendel
toe. Jy moet presies 25m vanaf jou teiken wees.
3. Jou red-i rigmiddel laser kolletjie behoort nou presies
in die middel van jou twee kruisdrade te wees.
4. Die volgende is baie belangrik, as jou kolletjie nie
presies in die middel van jou kruisdrade sit nie is dit
as gevolg van 2 redes naamlik die loop is effens gebuig
(onwaarskynlik) of jou kamer is nie 100% in lyn met jou
loop nie (waarskynlik). Onthou asseblief dat as jou kamer
met 1 Micron skeef is maak dit 'n impak op hoe die laserlig
in vergelyking met jou teiken skyn.
5. As laasgenoemde die geval is en jou kolletjie sit miskien
effens links bo in vergelyking met jou kruisdrade, memoriseer
waar jou kolletjie sit in vergelyking met jou kruisdrade
op 25m en as jy jou geweer weer instel op 25 m is dit waarjou
kolletjie moet sit en dan weet jy jou geweer is 100% ingestel.
(Kyk na die skets)
Nou kan jy as jagter ook gerus wees dat as jy per ongeluk
jou teleskoop sou stamp en dit vinnig en geluidloos wil
regstel en nie onnodig geld moet bestee om elke keer jou
geweer in te skiet nie dit heeltemal moontlik is om te
doen met die Red-i produk. Dit is ook hoekom van die militere
instansies dit gebruik in hulle skyn-gevegte en daar waar
die kolletjie skyn is waar die skoot sou tref.
Red-i rigmiddels is nou op 'n spesiale
aanbod beskikbaar aan alle S.A Jagtersvereniging lede
teen 'n bedrag van
R599-00 (BTW ingesluit). 'n Besparing van R100-00. Die
koste van die "Inter-changeable' kalibers is R690-00
(BTW ingesluit) vir die laser en R480-00 vir die Silinder
(Sleeve).
As enige persoon meer inligting wou bekom of as verpreider
wil optree vir Red-i-Laser kan hulle kontak maak met Marius
du Plessis (Algemene bestuurder) by 012 349-2500 of 082
593 7371, of met Tanya Lourens (Bemarking) by 012 349-2500.
|